Ons gemeente se jaarlikse tiendemaandinsameling begin op 29 Oktober. Tiendemaandkoeverte waarin bydraes geplaas kan word sal by die gesamentlike erediens uitgedeel word en in die koevert sal jy ook saadjies van die Afrika Daisy ontvang. Saai gerus die saadjies in ’n blombak of saadbakkies sodat dit kan ontkiem en verplant dit dan in jou tuin om jou aan God se sorgsaamheid te herrinner. Ons gee dan ook uit dankbaarheid, omdat God vir ons sorg.
Bydraes vir die tiendemaandinsameling word gebruik om die gemeente se werksaamhede finansieel te ondersteun en bydraes kan kontant, per debietorder, elektroniese oorbetaling of met SnapScan gegee word. Gebruik asb. TM as verwysing.
- Bankbesonderhede: ABSA-tjekrekening | 145 058 0011 | Takkode | 632005
- Debietordervorm
- SnapScan