Beskerming van persoonlike inligting

Stellenberg-gemeente verwelkom u graag op ons webwerf.

Deur hierdie webwerf te besoek, erken u hiermee dat u die volgende Vrywaring van Beskerming van Persoonlike Inligting (POPI) gelees het en aanvaar.

Stellenberg-gemeente sal alle redelike maatreëls tref om die persoonlike inligting van gebruikers te beskerm en vir die doel van hierdie vrywaring word ‘persoonlike inligting’ omskryf soos uiteengesit in die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, Wet 2 van 2000 (‘PAIA’) en die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Wet 4 van 2013 (“POPI”).

Die PAIA– en POPI-wette is aanlyn beskikbaar by www.gov.za/dcuments/acts

Die wysigings wat op www.acts.co.za gelys word, kan besigtig word by:

Volgens hierdie definisies verwys persoonlike inligting na inligting wat u spesifiek identifiseer of op u betrekking het, byvoorbeeld u naam, ouderdom, geslag, geboortedatum en kontakinligting (epos en telefoon).

Stellenberg-gemeente versamel, stoor en gebruik die gebruiker se inligting hoofsaaklik vir die volgende doeleindes:

  • Om gemeenteaktiwiteite te kommunikeer.
  • Om dienste aan die gebruiker te lewer soos deur die gebruiker versoek word.
  • Om nie-persoonlike statistiese inligting oor bladkyke en kliekpatrone saam te stel.

Wanneer u www.stellenberg.co.za gebruik, ’n vorm invul, ons elektronies kontak of een van die dienste of fasiliteite wat ons bied, gebruik, sal ons u persoonlike inligting versamel.