Gemeentebelydenis

Ons gemeentebelydenis:

’n Gemeenskap van mense wat streef om nader aan God en mekaar te leef, uit te reik oor alle grense en voortdurend te vernuwe.

ONS GLO: Jesus, ons Verlosser, leef.

  • In die een God: Vader, Seun en Heilige Gees.
  • In Christus, wat deur die geloof en in genade ons Verlosser is.
  • In die Bybel: die Woord van God in mensetaal.
  • In die algemene kerk van Christus waarvan ons deel is en spesifiek deel van kerke wie se geloof verwoord word in die Drie Formuliere van Eenheid en in die Belydenis van Belhar.

ONS STREEF: Om met die liefde van Christus inklusief oor alle grense uit te reik.  

  • Na mekaar in ons geloofsgemeenskap.
  • Na mense in ons werkplek, buurt en breër gemeenskap.
  • Na mense in ons land en daarbuite.
  • Na moederaarde en alle vorme van lewe

ONS LEEF: As getuies/volgelinge van Christus.

  • Nader aan God.
  • Nader aan mekaar.
  • Om ’n verskil in die wêreld te maak.
  • Om voortdurend te vernuwe.