Projekte

Met die oog op die gemeente se uitreik na buite, is die fokus in 2023 op die volgende projekte in naby- en vergeleë gemeenskappe gerig:

Nabygeleë gemeenskappe:

  • MES, die organisasie wat hawelose mense bedien.
  • Klipheuwel-gemeenskap – verskeie projekte o.a. ‘n kleuterskool.

Plattelandse gemeenskappe:

Jaarlikse uitreike na:

  • Leeu-Gamka
  • Beaufort-Wes
  • Calitzdorp

Ondersteuning aan Vosburg-gemeente met die gesamentlike aanbieding van ‘n basaar.

Ander projekte:

  • Kosprojek

Die gemeente se kosprojek verleen reeds die afgelope 22 jaar uitkoms aan gesinne en organisasies wat voedselnood beleef. Ons samel maandeliks bydraes van niebederfbare kosprodukte vir die projek in.  Bydraes word altyd voor of op die laaste Dinsdag van die maand ingesamel. Donderdae word groot besendings kos verpak en na onderskeie huishoudings en organisasies versprei. Ongeveer 30 gesinne word maandeliks vanuit die kosprojek ondersteun. Kontantbydraes kan elektronies oorbetaal word, of by die kerkkantoor inbetaal word.  Elektroniese bydraes kan na ABSA Tjekrekening, 145 058 0011, takkode 632005, gebruik KOSPROJEK as verwysing.

  • Ruyterwacht Sentrum vir seniors

Die Ruyterwacht sentrum vir seniors bedien ongeveer 300 hulpbehoewende bejaardes in Ruyterwacht. Die diens sluit twee gesubsidieërde etes per week asook die voorsiening van basiese gesondheidsdienste in. Stellenberg se omgeetrust het in 2010 ‘n eiendom in Ruyterwacht aangekoop om bejaardes in dié gemeenskap se behuisingsnood aan te spreek. Kontakpersoon: Margaret Olivier 021 534 3090.

  • Noot-vir-Noodfonds

Vanuit die Noot vir Noodfonds word hulp aan lidmate, of instansies in finansiële krisisse voorsien. Kontantbydraes kan inbetaal word in die gemeente se rekening.  Dui asseblief by verwysing aan dat dit vir Noot-vir-Noodfonds is.  Absa, tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.  Gebruik Noot-vir-nood as verwysing.

  • Kampe vir minderbevoorregte kinders

Kinders uit Karoodorpe en elders word jaarliks na die kamp vir minderbevoorregte kinders wat in Desember by die Apostelbattery kampterrein in Llundadno aangebied word, betrek.  Die vestiging van gesonde waardestelsels en die ontwikkeling van leiers is die fokusareas van die kampe.

Navrae

Kontak gerus vir ds. René Potgieter oor enige van bogenoemde projekte.  Sy is die gemeenteleraar verantwoordelik vir die gemeente se getuienisbediening.

rene@stellenberg.co.za/079 893 8104.