Musiekbediening

Samesang en musiek is ’n belangrike komponent van eredienste en aanbiddingstyl in Stellenberg. Louis van Loggerenberg is ons algemene musiekleier. Lidmate wat hulle gawes in die bediening wil uitleef, kan gerus by enige van die volgende musiekgoepe aansluit:

Coram Deo

Die musiekgroep lei die gemeentesang tydens oggenddienste in die kerk. Louis van Loggerenberg is die musiekleier.  Indien jy enige instrument kan bespeel of bereid is om as voorsanger betrokke te raak,  kontak gerus vir Liana Smit, liana.smit@live.co.za.  Die groep oefen tydens skoolkwartale weekliks op Donderdagaande.

Familiediens musiekgroep

Die familiediens word tydens skoolkwartale om 09:30 in die kerk aangebied. Die leier van dié musiekgroep is Riëtte Breytenbach.  Indien jy ‘n instrument bespeel of bereid is om die voorsang waar te neem, kontak gerus vir Riëtte Breytenbach by riettebreyten@gmail.com.

Aanddiens | Plofstof

Plofstof behartig die lofprysing tydens die Aanddiens elke Sondagaand om 18:00, tydens skoolkwartale.  Tieners wat wil deel raak van Plofstof kan Pieter Avenant by pietravenant@gmail.com, kontak.