Home Nuut

Stellenberg-gemeente

Stellenberg-gemeente is ’n gemeenskap van mense wat streef om nader aan God en mekaar te leef, uit te reik oor alle grense heen en voortdurend te vernuwe.

Ons glo Jesus, ons Verlosser, leef . . .

  • in die een God: Vader, Seun en Heilige Gees;
  • in Christus, wat deur die geloof en in genade ons Verlosser is;
  • in die Bybel: die Woord van God in mensetaal;
  • in die algemene kerk van Christus waarvan ons deel is en spesifiek deel van kerke wie se geloof verwoord word in die Drie Formuliere van Eenheid en in die Belydenis van Belhar.

Ons streef om met die liefde van Christus inklusief oor alle grense heen uit te reik . . .

  • na mekaar in ons geloofsgemeenskap, ongeag ons verskille;
  • na die mense in ons werkplek, buurt en breër gemeenskap;
  • na alle mense in ons land, asook wêreldwyd;
  • na Moeder Aarde en alle vorme van lewe.

Ons leef as getuies en volgelinge van Christus . . .

  • nader aan God;
  • nader aan mekaar;
  • om ’n verskil in die wêreld te maak;
  • om voortdurend te vernuwe in ’n veranderende wêreld.

 

FAcebook_icon
YouTube
Instagram_icon