Hier volg van die dringendste behoeftes waar jy hulp kan verleen:
-
HANDE EN RANDE is die gemeente se voedselvoorsienings-program. Indien jy ’n finansiële bydrae wil maak om voedselnood te verlig, kan jy dit elektronies oorbetaal na *ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005. Verwysing: Hande en Rande. Bydraes kan ook by die kerkkantoor inbetaal word.
-
SOP word weekliks onder verskillende gemeenskappe versprei. Minstens 250 liter sop word weekliks by sopkombuise in Ravensmead, Wesbank en Khayelitsha aan kinders uitgedeel. Enige iemand wat by die voedingsprojek betrokke wil raak en bereid is om sop te kook en dit in bevrore formaat vanaf Maandae tot Vrydae tussen 08:00 en 15:00 by die saalkompleks of kerkkantoor af te gee, se hulp sal waardeer word. Lewer gerus jou bydraes soos dit jou pas. Hoe meer sop ons insamel – hoe meer kan ons uitdeel! Kontak vir Anéne Nortier 083 581 6930 indien jy enige verdere navrae het.
-
OMGEEBOKSE vir tieners in die informele nedersetting in Klipheuwel. Die jeugbediening bied ’n tuiswerkondersteuningsprogram by die Klippies Kids-skool aan. Die kinders van Klippies Kids het min ondersteuningsnetwerke wat hulle met die suksesvolle voltooiing van hulle skoolloopbane kan help. Kinders ontvang ook weekliks iets te ete by die tuiswerkhulpklasse. Ons nooi volwassenes en tieners wat aan hierdie projek wil deelneem, om Donderdae saam met ons by Klipheuwel besoek af te lê. Ons vertrek elke Donderdagmiddag om 15:00 vanaf die kerkterrein.Tydens Augustus- en Septembermaand wil ons graag iets ekstra vir die kinders doen. Ons versoek lidmate om bokse saam te stel – vir seuns of dogters – bestaande uit die volgende produkte:
-
Deodorant en seep
-
Haarsjampoe en opknapper (conditioner)
-
’n Boksie kitssop
-
’n Pak mieliemeel
-
’n Boksie sojamaalvleis
-
Sanitêre doekies
-
’n Folioblok, pen, potlood en uitveër. Gee bydraes, of verpakte bokse, asseblief voor 30 September by die kerkkantoor af.
-