Die leraarspan is weekliks verantwoordelik vir die aanbieding van eredienste, die lei van gedenkdienste, die verbinding van paartjies in die eg, huisbesoeke en die geestelike versorging van lidmate. Daarmee saam is egter ook ’n verskeidenheid ander verantwoordelikhede wat met die effektiewe bestuur van ’n gemeente en die uitleef van ons roeping gepaardgaan.
Stellenberg-gemeente het tans vier voltydse leraars en een vakante leraarspos. Ds. Why Duvenhage tree einde Julie 2022 af. Met sy aftrede en nadat die huidige vakante leraarspos DV teen einde Mei gevul is, sal die predikantespan steeds uit vier voltydse leraars bestaan. Dr. Theo Swart is op ’n deeltydse grondslag by die gemeente werksaam en so ook ds. Philipp Dietmann, wat as tentmakerleraar funksioneer. Take en bedienings is soos volg tussen die leraarspanlede verdeel:
Ds. Marius Breytenbach
- Eredienste – oorhoofse koördinering van preekbeurte en eredienste en die bepaling van aanbiddingstyle.
- Lid van die toerustingskommissie wat o.a. die aanbieding van die kwartaallikse Bybelskool insluit.
- Oorsien eiendomme en finansies en lid van die betrokke kommissies.
- Geselligheid vir nuwe intrekkers.
- Lid van die gemeente se uitvoerende bestuur.
- Lid van die strategiekommissie.
- Voorsitter van die kerkraad.
- Voorsitter van die sinodale taakgroep vir die argief.
Ds. Philipp Dietmann (tentmakerleraar)
- Prediking – hoofsaaklik by die meditatiewe diens.
Ds. Why Duvenhage
- Lid van die getuieniskommissie en verantwoordelik vir alle uitreikprojekte van die gemeente. Die getuienisbediening verskuif na ds. René Potgieter wanneer ds. Duvenhage aftree.
- Senior kategesebediening en kampe – terwyl die jeugleraarspos vakant is.
- Uitreikprogramme.
Ds. René Potgieter
- Lid van die getuieniskommissie. Dit behels alle uitreikprojekte van die gemeente.
- Gemeentefeeste: ’n Ondersteunende funksie ten opsigte van die aanbieding van alle gemeentefeeste soos die basaar, Karookuier en feesmark.
- Die hantering van alle personeelaangeleenthede en lid van die kommissie vir diensverhoudinge.
- Lid van die strategiekommissie.
- Bestuur die VatVyf-seniorgroep en ondersteunend betrokke by die huiswerkersgroep.
- Betrokke by Vrouebybelstudiegroepe.
- Bied die weeklikse gebedsgeleentheid aan.
Dr. Theo Swart (leraar vir Edelweiss)
- Dr. Swart bedien slegs die inwoners van die Edelweiss Dienssentrum.
Ds. Johan Visser
- Lid van die geestelikesorgkommissie; rig en bestuur geestelike sorg in die gemeente.
- Aanbieding van die doopkursus vir voornemende doopouers.
- Oorsien klank en beeld by eredienste.
- In ’n ondersteunende rol betrokke by die Stellenberg Terapiesentrum.
- Verantwoordelik vir die bedieningstyl van die familiediens.
- Die bestuur van die gemeente se familiebediening.
- Lid van die omgeetrust.
- Relevantdienste – verantwoordelik vir die aanbieding van dié dienste terwyl die jeugleraarspos vakant is.