Die Vosburg Vrydag word op Vrydag 2 Oktober vanaf 15:00 aangebied. Klaarvoorbereide etes sal ten bate van die NG kerk Vosburg verkoop word. Met die verskuiwing na vlak 1 van inperking verslap sekere regulasies m.b.t. sosiale verkeer. Daar sal dus wel geleentheid vir saamkuier in die markplein en die area buite die markplein wees. Diegene wat verkies om hulle kos net af te haal, is welkom om dit by die markplein in ontvangs te neem. Vooraf bestellings vir kos het nou gesluit, maar daar sal ‘n beperkte voorraad etes beskikbaar wees wat vanaf 15:00 te koop aangebied sal word. ’n Verskeidenheid drinkgoed sal ook te koop wees.
Roosterkoek met botter, konfyt en kaas R18
Roosterkoek sonder konfyt en kaas R12
Vetkoek met kerriemaalvleis R20
Braaibord (2 tjops, wors, slaai) R70
Hamburger R25
Pannekoek R6
Poeding (jellie & vla) R10
Poeding (gebak en ander) R15
Hoe haal ek my vooraf bestelde kos af?
Bestellings kan vanaf 15:00 by die Markplein afgehaal en betaal word.
Pret vir die kinders
Vanaf 15:00 Vrydagmiddag sal daar vir die jongspan geleentheid wees om deel te neem aan speletjies. Brenda Visser, kinderwerker, sal die speletjies aanbied en sy onderneem om alle Covid-19-veiligheidsmaatreëls na te kom, maar sy beloof dit sal steeds groot pret wees.
Donasies aan NG kerk Vosburg of Vosburg Vrydag
Donasies direk aan NG kerk Vosburg, of vir die aankoop van produkte vir die Vosburg Vrydag sodat onkoste so laag as moontlik gehou word, sal waardeer word. Bydraes kan oorbetaal word na ABSA, tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005. Gebruik Vosburg as verwysing.