Weer gedink oor gebed

Respect and praying on nature background

 

Deur: Ds. René Potgieter

Gebed is ’n belangrike deel van ons geloof, omdat ons glo dat die Here ’n God is, wat in ’n verhouding met ons is. Gebed is die manier waarop ons met God praat. God tree in ’n verhouding met die skepping asook met elke persoon om sy liefde te deel. Ons bid omdat die Here nie afwesig is nie, maar teenwoordig is, en boonop omdat God met ons elkeen omgaan nes ons is. Deur te bid, erken ons dat ons heeltemal afhanklik van die Here in ons daaglikse lewens is. As ons bid, vra ons nie net waarvoor ons wil hê nie, maar ons bid ook dat die Here se Naam geheilig word en dat die Here se koninkryk sal kom. Ons vra ook dat God se wil (en nie ons wil nie), sal geskied in die hier en nou waar ons teenwoordig is. Gebed is ook ’n manier om sonde te bely, God te prys en vir ander mense in te tree.

Ons almal sal erken dat gebed belangrik is. Tog is dit iets waarmee ons almal sukkel of nie tyd voor inruim nie. In ons gejaagde lewens moet ons juis doelbewus oomblikke skep waar ons tyd saam met God deurbring en daarom wil ons jou nooi na ons week van gebed vanaf 5 tot 8 Februarie 2024 om 18:30 in kapel.

5 & 8 Februarie: Aanbieding deur dr. Siegfried Louw

6 & 7 Februarie: Aanbieding deur dr. Mias van Jaarsveld

Kom beleef ’n oomblik van rus en vrede saam met ander gelowiges. Kom hoor weer die ou Onse Vader-gebed op ‘n nuwe manier.