Vakature klank- en beeldoperateur

POS BESKIKBAAR VIR KLANK- EN BEELDOPERATEUR

STELLENBERG-GEMEENTE

Gemeenteprofiel

Stellenberg is ’n makrogemeente in die noordelike voorstede van Kaapstad. Die bedieningstruktuur is gebou op ’n diversiteit van bedienings waarin ’n verskeidenheid van mense kan tuiskom. Die gemeente se visie is om uit te reik oor alle grense en die waardes sluit die volgende in: nader aan God, nader aan mekaar, om voortdurend te vernuwe en om met ’n verskil in die wêreld te leef.

 Taakomskrywing van  klank en beeld-operateur

  • Behartiging van opnames en “live-stream” van dienste.
  • Kontrolering en byhou van inventaris vir klanktoerusting.
  • Instandhouding van klanktoerusting.
  • Die opleiding van aflosklankoperateurs.
  • Bestuur van die begroting vir klanktoerusting.

Vereistes vir klank en beeld-operateur

  • ’n Kwalifikasie as klank- en beeldoperateur sal ‘n aanbeveling wees.
  • Goeie ervaring in klank en beelduitsendings.
  • Moet bereid wees om Sondae te werk.

 Vergoeding 

Vergoeding is beskikbaar op aanvraag.

 Datum van diens aanvaarding:  1 Julie 2021

 Aansoek

Aansoeke sluit 21 Junie 2021.

Stuur asb ‘n volledige CV met verwysings na Lindy van Wyk de Vries by lindy@stellenberg.co.za

Navrae: Ds. Marius Breytenbach (082 376 6053 / marius@stellenberg.co.za)