NG GEMEENTE STELLENBERG, DURBANVILLE
VAKATURE: JEUGPREDIKANT
Gemeenteprofiel
Stellenberg-gemeente is ’n makro-gemeente in die noordelike voorstede van Kaapstad en bestaan uit 4106 belydende en 1345 dooplidmate. Die gemeente se droom is: “Om uit te reik oor alle grense” wat deur die volgende waardes uitgeleef word: nader aan God, nader aan mekaar, maak ’n verskil in die wêreld en vernuwe voortdurend. Die jeugbediening se visie is dat “elkeen Jesus sal ken en saam ’n verskil sal maak”. Meer inligting is op aanvraag beskikbaar.
Pligte
Die jeugpredikant is oorhoofs verantwoordelik vir alle aktiwiteite vir die jeug, studente en jongwerkende lidmate. Dit sluit onder meer kategese, jeugdienste, musiekbediening, kampe, jeuguitreike, jeugpastoraat, jeugprojekte en verwante pligte in.
Vereiste
- Gelegitimeerde predikant vanuit die NG/VG-kerkfamilie.
Vergoeding
Salaris volgens die sinodaleskaal vir predikante.
Aansoeke
Die volgende dokumente moet per e-pos aan Fritz Brand, fritz@stellenberg.co.za, gestuur word:
- ’n CV met drie verwysings.
- ’n Voltooide bekendstellingsvraelys. Kliek HIER om die bekendstellingsvraelys af te laai.
Sluitingsdatum
4 Januarie 2019
Diensaanvaarding
1 April 2019
Navrae
Fritz Brand, Bestuurder Administrasie, fritz@stellenberg.co.za of 021 976 4519 of 082 780 8685.