Ons is baie dankbaar teenoor almal wat tot die tiendemaand-insameling bygedra het en op die wyse in die gemeente meeleef. Ons het die afgelope week ons doelwit van R 1 375 00 bereik. Voor die Covid-pandemie was ons tiendemaandmikpunt R1 525 000, maar ons moes a.g.v. die heersende finansiële klimaat ons doelwit en uitgawes aanpas. Ons hoop om voortaan ons tiendemaand-insameling weer op dieselfde vlak as in 2019 te stel en sal daarom dankbaar wees as lidmate nog in Desember en Januarie 2024 tot dié insameling bydra. Ons sal in die nuwe jaar terug-voering gee oor die inkomste van 2023 en die beplande uitgawes vir 2024.
Elektroniese bydraes: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005. Gebruik “tiendemaand” as verwysing.
SnapScan: