Tafelgesprekke vir besige families

Tafelgesprekke vir besige families

Sluit aan by die WhatsApp-groep en ontvang die tafelgesprekke weekliks op jou selfoon.

Tafelgesprek | 20 November 2022

20 November 2022 / 1 Timoteus 1:3-6

Formasiereis, klik op die SKAKEL om die formasiereis af te laai.

 Kom een aand rustig as huis bymekaar en doen die volgende:

  • Steek ’n kers aan en sê dankie dat die Here by julle is en vir julle sorg.
  • Elkeen deel: Wat het jou vandag, of die week hartseer en gelukkig gemaak?
  • Lees die teksgedeelte saam deur.
  • Deel met mekaar wat vir jou in die bogenoemde teksgedeelte uitgestaan het.
  • Teken jou/julle familieboom en luister na die volgende lied: https://www.youtube.com/watch?v=OXsxw1fRHMA
  • Wat is die nalatenskap wat jy van geslag tot geslag raak sien?
  • Gesels ’n bietjie oor die genadegawe wat jy ontvang het. Wat beteken dit vir jou?
  • Waartoe nooi die teks jou uit? Hoe lyk dit prakties?
  • Gebed: Jesus, mag ons die genadegawe wat ons ontvang het weer soos ’n vuur aanblaas.
  • Amen

 

Tafelgesprek | 25 September 2022

Matteus 14:22-32 | Jesus loop op die see

Kom een aand rustig as gesin bymekaar en doen die volgende:

  • Steek ’n kers aan en sê dankie dat die Here by julle is en vir julle sorg.
  • Elkeen deel: Wat het jou vandag, of gedurende die week hartseer en gelukkig gemaak?
  • Lees die Bybelgedeelte
  • Deel met mekaar wat vir jou in die verhaal uitgestaan het.
  • Wat is die spoke in jou lewe? Wat vrees jy en wat maak jou bang?
  • Wat is die boot waaruit jy moet klim?
  • Wat beteken dit vir jou om op die water te kan loop?
  • Waartoe nooi die teks jou uit?
  • Gebed: Jesus, U is die Een wat my nooi om uit my gemaksones van die veilige boot te klim en op die water van geloof te loop. Dankie dat ek op U kan vertrou. Amen.

Tafelgesprek | 18 September

Markus Lukas 8: 22-25 |  Jesus maak die storm stil

 Kom een aand rustig as gesin bymekaar en doen die volgende:

  • Steek ’n kers aan en sê dankie dat die Here by julle is en vir julle sorg.
  • Elkeen deel: Wat het jou hierdie week jou gelukkig en hartseer laat voel?
  • Lees die teksgedeelte.
  • Wat vertel hierdie Bybelverhaal ons oor wie God is?
  • Hoe het die dissipels in die vissersboot gevoel toe die Here in die storm by hulle was?
  • Dink en vertel van ’n keer toe jy gewonder het of God bestaan en of Hy jou regtig kan help.
  • Waartoe nooi die teks jou uit? Hoe help dit ons om saam met God in die wêreld te leef?
  • Gebed: Jesus, dankie dat U in alles wat elke dag gebeur by ons is. Help ons om soos die dissipels te begryp dat U almagtig is en tot enige iets in staat is. Help ons om in hierdie tyd van ons lewens daarin vrede te vind.

Tafelgesprek | 11 September 2022  

 Lukas 15:1-7 | Die gelykenis van die verlore skaap

 Kom een aand rustig as gesin bymekaar en doen die volgende:

  • Steek ’n kers aan en sê dankie dat die Here by julle is en vir julle sorg.
  • Elkeen deel: Wat was jou hoogte- en laagtepunte van die dag, of week?
  • Lees die Bybelgedeelte
  • Wat vertel bogenoemde teksgedeelte vir jou oor God se liefde?
  • Dink na en vertel van ’n keer toe jy iets kosbaars verloor het.
  • Hoe het dit jou laat voel?
  • Kon jy dit weer vind en indien wel, het iemand jou gehelp?
  • Wie is die Herder vir jou?
  • Waartoe nooi die teks jou uit?
  • Gebed: Jesus, dankie dat U my soek en altyd vind. Amen.

Tafelgesprek | 4 September 2022 | Jeremia 18:1-11

Soos klei in die pottebakker se hand

 Kom een aand rustig as gesin bymekaar en doen die volgende:

  • Steek ’n kers aan en sê dankie dat die Here by julle is en vir julle sorg.
  • Elkeen deel: Wat was jou hoogte- en laagtepunte van die dag of week?
  • Lees die teksgedeelte saam.
  • Dink bietjie na oor wat die beeld van God as pottebakker vir jou beteken.
  • Wat sou jy doen as jy God hoor praat het?
  • Wat dink jy sou jy doen as jy Jeremia was?
  • Hoe wil God jou vorm?
  • Doen: Maak iets kreatief! Dalk moet julle ook met klei speel en iets kunstig daarmee maak, maar terwyl julle teken, of bou, of kerf, of verf dink aan hoe God ook in beheer is en van ons lewens, die mooi en die slegte dinge, kunswerke maak wat vir die wêreld kan wys dat God vir almal lief is.
  • Gebed: Dankie Here, dat U altyd saam met ons is as U ons roep om moeilike dinge te doen, of om moeilike goed vir mense te sê. Dankie dat ons weet dat U in beheer is. Jesus, help ons om gehoorsaam te wees! Dankie dat U lankmoedig en geduldig is terwyl U ons vorm. Amen.

Tafelgesprekke vir besige families | 28 Augustus 2022

2 Konings 4:1-7: Die viering van Bybelsondag & Die verhaal van die weduwee se olie.

Kom een aand rustig as gesin bymekaar en doen die volgende:

  • Steek ’n kers aan en sê dankie dat die Here by julle is en vir julle sorg.
  • Elkeen deel: Wat was jou hoogte en laagte punte van die dag of week?
  • 2 TIMOTEUS 3:16 sê dat die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek.
  • Wat beteken die Bybel vir jou in jou lewe na aanleiding van die bogenoemde vers.
  • Lees die Bybelgedeelte van 2 Kon 4:1-7
  • Wat het jou geraak in die verhaal?
  • Dink en vertel van ’n keer toe jy in nood was.
  • Wie het tot jou redding gekom en jou gehelp?
  • Vir wie kan jy help wat tans in nood is?
  • Gebed: Jesus, dankie vir die Bybel, U Woord wat ons vorm en inspireer! Amen.

Tafelgesprekke vir families | 21 Augustus 2022

Tema: Geloof ons anker in die lewe

 Kom een aand as gesin bymekaar en doen die volgende:

  • Steek ’n kers aan en sê vir mekaar wat was hierdie week vir jou ’n spesiale gebeurtenis.
  • Deel met mekaar wat julle verstaan onder die begrip: Geloof:  Wat beteken dit om te glo?
  • Lees Joshua 2
  • Wat staan vir jou uit in hierdie verhaal?
  • Vertel vir mekaar stories van waar jou geloof jou al gehelp het.
  • Wat kan jy doen om jou geloof nog sterker te maak?

Tafelgesprekke vir families | 14 Augustus 2022

Tema: Barmhartigheid – God is selfs lief vir mense waarvan ons nie hou nie.

 Kom een aand as gesin bymekaar en doen die volgende:

  • Steek ’n kers aan en sê dankie dat die Here by julle is en vir julle as sy kinders sorg.
  • Elkeen deel: Wat is die dinge wat jou kwaad maak? Dalk het iets jou vandag kwaad gemaak?
  • Lees die Bybelgedeelte.
  • Wat wys God vir Jona deur die komkommerplant?
  • Vertel vir mekaar stories waar jy God se barmhartigheid (sorg/liefde) ervaar het.
  • Wat kan julle as gesin hierdie week doen om God se barmhartigheid vir iemand te wys (selfs dalk iemand van wie julle nie eintlik hou nie)?

Bid vir mekaar en eindig hardop saam: “dankie dat U ’n barmhartige en genadige God is”.