Foto links: Vier Stellenbergers het in 1993 aan die Comrades-marathon deelgeneem. Hulle is van links Martin van Rensburg, Charlie Holtzkamp, Kobus Brand en Linnea Potgieter. Linnea is steeds ’n lidmaat van die gemeente.
Middel: Lily Joubert stap in 1993 die Boerbokrandroete saam met die Stellenberg-stapgroep. Lily is steeds ‘n aktiewe lidmaat van die gemeente en tans ’n inwoner van Edelweiss.
Foto regs: Ds. Willem en sy vrou, Hildegarde, neem in 2000 aan die SAD Halfmarathon in Wellington deel.
Foto links: Tour de Oudtshoorn! 15 Stellenbergers het op 15 Maart 2003 om 06:30 op hulle fietse vanaf die kerkgebou vertrek. Hulle eerste stop was in Robertson, toe Barrydale, toe Ladismith en teen die Maandag in Oudtshoorn. Die fietsryers het sommer in die dieselfde asem R4 000 ingesamel ten bate van vigswesies.
Foto regs: Tien stappers het in Julie 2011 die bekende Walvisroete aangepak. Die groep is van links agter Maria Jacobs, Marietjie Pool (née De Graad), Stoney Steenkamp, Marieta Visagie, Ina Steenkamp, Elbe van der Merwe, Callie Visagie en voor Magdalena Steenkamp, Heather Oosthuizen en Santie Visagie.