Onderrigdienste

Die volgende ondersteuning vir onderrig word aangebied:

Worhip Sessies

Beweeg dieper in die Vader se hart met jou aanbidding. Sang, dans, vlae ens. word gebruik.  Vir meer inligting kontak vir Lizel by 0827813156 of  lizel.mouton@gmail.com

Lindie Basson 082 225 8339

Studie-ondersteuning , ekstra leerhulp,  en private onderrig in een sakkie!

Boustene vir goeie matriekuitslae! Na skool tot 5nm.  Gr 9 tot 12.

 Vir leerders wat streef na onderskeidings, sowel as dié  wat baie ekstra hulp en aanmoediging nodig het.

Ingerigte STUDIESENTRUM 3 min vanaf Hoërskool  Stellenberg.

Studeer middae in ’n veilige , gestruktureerde omgewing. Navorsinginligting, vorige vraestelle en wifi gebruik.

Ek gee aanvullende hulp in LEERvakke en tale om totale prestasie te verbeter.

’n Uitgewerkte studierooster ; hulp om betyds take , mondeling en studie vir toetse af te handel.

Naby die skool vir sportoefening

Lewer reeds vir 18 jaar  uitstekende resultate ! Ek is bekend met die curriculum en nuutste verwikkelinge en verslaaf aan skoolkinders!!

Krista Loubser 0834321056

Musieklesse by Annatjie Brand

Registreer vir klavier en blokfluitlesse by ‘n geakkrediteerde Cambridge musiekonderwyser en eksaminator.   Graad 1 tot 12 leerders kan registreer.

Lesse word vanuit haar huis in Stellenberg aangebied.

Kontak Annatjie by 084 580 3727.

Elke persoon het unieke potensiaal en waarde.  Ek wil graag leerders en individue help om hulle potensiaal te ontsluit, hulle studies te optimaliseer en hulle loopbane te ontdek.  Ek lewer die volgende dienste:

Psigometriese assesserings

Beroepsvoorligting (graad 4 – graad 12 en postmatriekstudente)

Skoolmotivering, leer- en studiestrategieë (graad 4 – graad 12)

Leierskapontwikkeling

Sportberading

Algemene berading

Kontak my gerus vir meer inligting en afsprake.

Adéle Pretorius 083-664-8700 / adeleduplooy@gmail.com

Indivuele hulp aan leerders

Ek bied individuele hulpklasse aan leerders van alle ouderdom aan.  Ondersteuning word verleen na gelang van die leerder se behoefte hetsy per vak, of algemene ondersteuning met huiswerk.  Ek het meer as 20 jaar  ondervinding as  ’n onderwyseres, (B.Bibl 1V (HOD) + eie Kleuterskool) en is toegerus om leerders by te staan in hul besondere behoeftes.

Verwysings  is beskikbaar,  indien dit  verlang word.

Elna Botha  |  083 312 7691


Tutor/Remediërende Onderwyseres/Tuisskool

Tweetalig

Individuele hulp aan leerders, ook leerders met spesiale behoeftes soos ADHD-, lees- en leerprobleme. Verleen hulp met sinvolle opsommings om gestruktueerd te studeer.  Alle Grade.

Jacolene 082 580 5051

jacolene@3i.co.za