Ek wil graag hulp aanbied
Help asseblief met die volgende rakende ons voedselhulpprogram:
- Ons het helpers nodig wat ons kan help met die kook van sop. Jy kan die sop by jou eie huis kook. Indien jy kan help, kontak asseblief vir Anéne Nortier by 083 581 6930 sodat sy die resep vir jou kan stuur.
- Ons het helpers nodig wat ons kan help met die skil en rasper van groente waarvan sop gekook word. Jy kan die groente by jou eie huis verwerk. Groente sal aan jou voorsien word – ’n voedselverwerker sal handig te pas kom. Indien jy kan help, kontak vir Anéne Nortier by 083 581 6930.
- Ons wil graag ’n netwerk van voedselverskaffers opbou. Indien jy kontak het met ’n verskaffer waar produkte teen bedingbare pryse, of met afslag bekom kan word, kontak asb. vir Anene Nortier by 083 581 6930.
- Finansiële hulp vir die aankoop van kosprodukte sal waardeer word. Bydraes kan elektronies gemaak word na ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005. Gebruik hande en rande as verwysing.
Ek het hulp nodig
Ons wil jou graag ondersteun indien jy fisiese, of emosionele nood as gevolg van die Covid-19-inperking, of ander omstandighede ervaar. Stuur ’n e-pos na hulp@stellenberg.co.za, of kontak een van ons gemeente leraars. Versoeke word streng vertroulik hanteer.