Ons nooi lidmate om Pinksterdienste in die kerk by te woon. 100 Persone mag die diens in die kerk bywoon. Dit sal ook aanlyn beskikbaar wees op die webwerf, of ons gemeente se YouTube-kanaal. Geen besprekings is nodig nie.
Hemelvaartdiens | 13 Mei 19:00 in die kerk | Prediker Ds. Why Duvenhage
Aandprogram | 16 tot 20 Mei 19:00 in die kerk | Prediker Ds. Why Duvenhage
Laat u koninkryk kom
- Sondagaand 16 Mei 19:00 | ’n Vreemde koninkryk aangekondig. (Matteus 4:4-17)
- Maandagaand 17 Mei 19:00 | Die koninkryk breek aan op ’n vreemde/onwaarskynlike plek, met ’n vreemde/onwaarskynlike koning en medewerkers. (Matteus 4:18-22)
- Dinsdagaand 18 Mei | Die bergrede van Jesus – die manifes van hierdie koninkryk en paradoksale geluk. (Matteus 5:1-12)
- Woensdagaand 19 Mei 19:00 | Vreemdes wat die wêreld beïnvloed! (Matteus 5:13-16)
- Donderdagaand 20 Mei 19:00 | Die vreemde, maar kommervrye lewe wanneer God se koninkryk die prioriteit in jou lewe is. (Matteus 6:25-34)
Oggendprogram | Prediker Mike van Deventer
Die Heilige Gees maak nuut. Matteus 5-7 (Die Bergrede)
- Maandag 17 Mei 10:00 | Christene is ánders.
- Dinsdag 18 Mei 10:00 | Christene onderhou die Wet vir ander redes.
- Woensdag 19 Mei 10:00 | Christene se plek in die wêreld.
Pinksterfees | Sondag 23 Mei 08:30 in die kerk | Prediker Ds. Why Duvenhage
Die Heilige Gees in die koninkryk en kerk. (Handelinge 1:1-8)
Kinderpinkster | Brenda Visser
16 tot 20 Mei 19:00 in die kleinsaal