Ds. Hanno Ackerman het ’n nuwe geleentheid ontvang en rig die volgende boodskap aan lidmate en kerkraadslede:
“Ek wil dankie sê vir die ondersteuning en die pad wat ek saam met julle by Stellenberg-gemeente kon stap. Ek het in Maart 2020 my MBA voltooi en is dankbaar vir die ondersteuning wat ek in dié verband van die kerkraad en kollegas ontvang het. Ek is opgewonde en ook hartseer om bekend te maak dat ek ’n korporatiewe pos by ’n internasionale maatskappy in Amsterdam, Nederland, aanvaar het en sal op 2 Maart my diens by Stellenberg beëindig. Dankie vir die geleenthede, die ondersteuning, hulp, eerlikheid en die veilige huis wat Stellenberg die afgelope jare vir my en my vrou, Liaan, gebied het.”
NB: Ds. Ackerman se afskeid is op Sondag 27 Februarie om 18:00 in die kerk. ’n Pre-advieskomitee is deur die kerkraad aangestel wat die beroeping van ’n nuwe leraar sal bestuur.