Ons groet vir Low Bothma

Ons neem steeds afskeid van personeel – einde September moes ons vir ds. Bremer Gericke groet en aan die einde van November neem ons afskeid van Low Bothma, gemeentebestuurder.  Low, wat sedert 2012 gemeentebestuurder was, het ook aftreeouderdom bereik en lê op 30 November die tuig neer.

Low en Stephnie is sedert 1994 meelewende lidmate van die gemeente en hy was etlike jare lid van die gemeente se getuieniskommissie.  In werkverband was hy lank werksaam by SASKO en voor hy by Stellenberg aangesluit het, was hy by die logistieke bestuur van die Graham Power-groep se byeenkomste soos Global Day of Prayer betrokke.

In Stellenberg-gemeente het personeel en lidmate Low in werksverband as ’n toegewyde persoon met ’n fyn oog vir detail en baie ervaring rondom operasionele bestuur, leer ken.

Low is ’n natuurliefhebber en boonop ’n entoesiastiese ereveldwagter.  Hy het ook ’n besondere empatie vir die mense om hom en doen onbaatsugtig vrywillige werk onder die mense van die Tankwa-distrik in die Karoo.

Ons wens Low en Stephnie voorspoed toe vir die nuwe fase van hulle lewe, maar die personeel sal Low se geselsies en staaltjies, sy aansteeklike optimisme en deernis met mense, beslis baie mis.