Ondersteuning aan seniors

Deur: Ds. Marius Breytenbach

Ons is baie opgewonde om die bediening wat fokus op die ondersteuning van seniors in die gemeente op dreef te bring. Daar is twee diensgroepe waarby vrywillige helpers betrokke kan raak:

  • Gereelde besoeke en ondersteuning (senior dienswerkers):
    Dié helpers sal ‘n lys van sowat tien bejaardes ontvang wat hulle kan opvolg. Ons aanvanklike doel is om met seniors kontak te maak en hulle behoeftes te bepaal. Na afloop van die aanvanklike behoeftebepaling sal helpers versoek word om ongeveer 5 tot 10 seniors gereeld te besoek en ondersteuning volgens hulle behoeftes aan te bied. Elke senior dienswerker sal deur die wykspredikante ondersteun word asook ‘n netwerk van gespesialiseerde dienste wat reeds tot ons beskikking is.
  • Diensgeleenthede (senior hulpwerkers)
    Hierdie netwerk van helpers bied ad hoc-ondersteuningsdienste aan. Dit kan enige take van die vervoer na winkels of dokters tot die instandhoudingswerk aan eiendom, ens. behels. Miskien kan jy uit die aard van jou beroep so ‘n diens lewer.
    Indien jy graag by een van die diensgroepe betrokke wil raak, stuur ’n e-pos aan Charlotte by ontvangs@stellenberg.co.za, of kontak haar by 021 976 4519.  Jy kan ook met ds. Marius Breytenbach 082 376 6053 kontak maak.