Leeu-Gamka | 24 tot 29 Junie
Beaufort-Wes | 24 tot 29 Junie
Calitzdorp | 1 tot 6 Julie
Ons uitreikspanne het ondersteuning met die volgende nodig:
- Voorbidding: Doen asb. voorbidding vir ons uitreikspanne sodat uitreikers veilig sal ry, gesond sal bly sodat hulle gemeenskappe met oorgawe kan dien.
- Borg ’n uitreiker: Indien jy bereid is om ’n spanlid se onkoste van R1 200 vir vervoer en verblyf te borg, kontak asb. vir ds. Schoombie by schoombie@stellenberg.co.za, of EFT die bedrag na ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005. Gebruik “Uitreikborg” as verwysing. Daar is ’n paar jongmense wat nie die uitreike kan bekostig nie.
- Die Calitzdorp-span benodig die volgende: Haarknippers, waspoeier, koekies sunlight- en badseep vir die terug-skool-toe-projek asook sokkerballe en tokse.
- Bybels en bordspeletjies vir Beaufort-Wes: Die uitreikspan wat Beaufort-Wes besoek benodig bruikbare Bybels wat aan mense in die gemeenskap uitgedeel sal word. Bordspeletjies en legkaarte word vir die inwoners in die Beaufort-Wes-ouetehuis ingesamel. Gee bydraes asb. by die kerkkantoor af.
- Droësopmengsel: Bydraes van enige gedroogde sopmengsel kan by die kerkkantoor of in die voorportaal van die kerk afgegee word.
- Karoopikkie-projek: Ons wil graag vir Karoopikkies van lekker warm pajamas voorsien. Indien jy al ‘n kaartjie met ‘n kind se naam en grootte geneem het, besorg asb. die verpakte pajamas so spoedig moontlik aan die kerkkantoor. Indien jy graag by die projek betrokke wil raak, kontak asb. ons kinderwerker by brenda@stellenberg.co.za.