Deur: Dr. Danelle Richter
Reg aan die begin van die pandemie is ek by ’n WhatsApp-groepie genaamd “Warrior women” gevoeg. Die groepie het bestaan uit die vroue van dokters wat in die voorste linie (intensiewesorgeenhede) van die Mediclinic Panorama werk. Ek dink daardie dag was die die dag in my lewe wat ek die bangste nog was. Ons het almal geweet hier kom iets, maar die onsekerheid oor wat en hoe dit ons gaan raak, was verterend. My grootste begeerte was om weg te hardloop, die groep te verlaat – enige iets om nie die werklikheid in die gesig te staar nie. Die eerste paar maande van die pandemie was vir my ondraaglik, soos een na die ander van die WhatsApp-groeplede se wederhelftes siek geword het en ons almal diep in ons harte gehoop en gebid het dat ons nie volgende sou wees nie. Die ondersteuning wat ek op ’n geestelike vlak van hierdie vrouens ervaar het, was verstommend. Ek ken die meeste van hulle nie werklik goed nie en tog het ons saam gebid, Bybelverse gedeel en mekaar moed ingepraat op dae wanneer die moed min was.
Een van die mees treffende boodskappies wat ek ontvang het, was van ’n dame wat vertel het van die dag toe sy by haar nuwe werkplek by ’n hospitaal instap iemand vir haar sê: “Onthou om die engele opdrag te gee”. Die Here het vir dié betrokke vrou in haar geestesoog ’n prentjie gewys van duisende engele wat met hulle rûe teen die mure van die hospitaal langs mekaar ingeryg staan en wag vir die opdrag wat hulle moet ontvang. Amper soos soldate wat in elke deel van die hospitaal staan. Hierdie beeld het vir my soveel vrede gebied. Die feit dat as ons bid en vra, is ons nie alleen nie. Die stryd gaan nie verdwyn nie, maar ons kan dit wel saam met ’n weermag van engelesoldate aanpak.
Ongelukkig is die pandemie steeds met ons en daar lê ’n groot moegheid oor ons almal. Ek hoop regtig dat mense minder aandag sal gee aan almal se opinies, of gebrek aan opinies en die riglyne van die spesialiste op die gebied van virusse, vaksiene en behandelings, sal begin volg. Ek is nie ‘n spesialis of ‘n kenner nie – daarom volg ek die raad van mense wat weet. Deur te vaksineer help ons om die druk op die intensiviste in die hoësorgeenhede, te verlig.
Niemand wil meer gebuk gaan onder die uitmergelende gevolge van hierdie voortslepende pandemie nie.
Ek deel graag die skrywe van prof. Richard van Zyl-Smit, ’n pulmonoloog in die intensiewesorg-eenheid van Groote Schuur-hospitaal. Ek dink dit bied ’n uitstekende samevatting van hoe baie van die intensiviste tans voel:
I have run out of words.
Come to the end of the road.
The fuel tank is empty.
End of the line.
Reached the end of my tether.
‘Kannie meer nie Korporaal’.
Scraping the barrel.
Run out of gas.
Have nothing more to give.
End of the month salty cracks.
Dead on our feet
We have run out of steam.
The fire has gone out.
“Don’t have the power Captain”.
“I can’t tell if it is killing me or making me stronger”.
The tire is flat.
There is no more fizz in the Coca-Cola.
The taps are dry.
The fridge is empty.
It is hard to continually find words to continuously explain that you are tired and emotionally exhausted. It is hard to not sound like a drama queen, dripping tap, or a stuck
record. It is hard to balance our feelings with other crises around the world. It is difficult to explain how it feels to tell a husband that his wife, the mother of his 11 year old child is
dying and after 22 days on a ventilator we need to take her off life support*. It is not that these conversations don’t happen all the time in the hospital. It is not that people don’t die
every day. It is not that we or they are necessarily special in any way. It just is. We have emotions. We are dead on our feet, our tanks are empty, and this Covid-19 third wave is going very long, and we are going very deep.
I don’t want you to feel sad or sorry for us. I don’t want you to compare our lot with those of others and make judgment calls. I don’t want you to call us heroes – we are long past that, we don’t have the power, ‘ons kannie meer nie’, we have run out of steam. I don’t want you to think we are complaining or feel sorry for ourselves, but we are scraping the barrel and our fuel tanks are empty. I don’t want you to think us as ungrateful to have a job when other don’t, or that we are not doing our best. I don’t want you to think that this is over.
I do want you to get vaccinated. I do want you to stop living like there is no COVID and that “99% recovery” somehow means that this thing is not real. I do want you to stop spreading
anti-vaccine misinformation and harassing us for medications that don’t work. I do want you to take care of yourselves and be aware that if you get really really sick – we might not be able to save your life. I do want you to have a job, I do want you to have an income, I do want you to get all your friends and family vaccinated. I do want you to do life and do things that are not COVID.
I just want you to know and to see.
Stop asking me if I am okay – I am tired of lying.
Richard
*Mercifully, she died before we needed to withdraw life support.
|Dr. Danelle Richter is ’n mediese dokter verbonde aan die Panorama Navorsingseenheid. Haar man, dr. Theo Hattingh, is ’n internis wat spesialiseer in nefrologie by die Mediclinic Panorama. Hulle is boonop beide lidmate van die gemeente.