’n Kers vir die tiendemaand

Ons nooi gesinne om een wit kers per gesin te neem as ’n herinnering aan hulle tiendemaandbydrae ter ondersteuning van die gemeente se werksaamhede.  Neem ’n kers wanneer jy eredienste bywoon, of haal dit by die kerkkantoor af, of skakel die kantoor by 021 976 4519 om aflewering by jou huis te reël.

Ons stel voor dat jy die kers soos volg gebruik:

– Steek die kers aan saam met ’n spesiale ete.

– Laat die kers brand terwyl jy Bybel lees en bid.

– Gebruik die kers om ’n geliefde, wat nie meer met jou is nie, se lewe te herdenk.

– Maak die kers deel van die tafelversierings vir Kersete.

Indien jy bereid is om in jou onmiddellike woongebied kerse aan lidmate by hulle huise uit te deel, kontak asb. vir Odette by 021 976 4519/odette@stellenberg.co.za.  Ons wil graag die kerse aan soveel  as moontlik van ons lidmate versprei.

Tiendemaandbydraes kan vanaf 1 November 2020 elektronies oorbetaal word na:  ABSA, tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005, met verwysing: tiendemaand.  Kontantbydraes kan in ’n gemerkte koevert in die kollektebord, of by die kerkkantoor afgegee, of in die beveiligde posbus by die voordeur van die kerkkantoor geplaas word.

Die tiendemaandinsameling word vir die gemeente se werksaamhede aangewend.

Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief. 2 Korinthiërs 9:7