Reformerend Vorentoe

2017 – Reformerend vorentoe

REFORMASIEFEES (vierde kwartaal)

Stellenberg se viering van die Reformasie 500 jaar gelede bereik ’n hoogtepunt met ’n Feesweek in die vierde kwartaal.

So lyk die program vir die Feesweek wat vanaf 5 tot 12 November aangebied word:

  • Feesdiens 5 November om 09:00 – Prof. Robert Vosloo, verbonde aan die fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch.
  • Tafelgesprekke met bekende sprekers vanaf 6 tot 9 Nov.  Kaartjies vir die tafelgesprek beloop R50 p.p. per aand.  Dit sluit wyn, sap, koffie en ’n vingerete in.  Die gesprekke word in die kerkgebou aangebied.

6 November 18:30 tot 20:30:  Reformasie & ekonomie – Prof. Piet Naudé.  Kliek op die SKAKEL om na die klankbaan van die praatjie te luister.

 

 

8 November  18:30 tot 20:30:  Reformasie & onderwys – Prof. Michael le Cordeur

 

 

9 November 18:30 tot 20:30:  Reformasie & demokrasie – Aartsbiskop Thabo Makgoba

 

 

 

Feeskonsert 12 November om 19:00 tot 20:00 met Zorada Temmingh (orrelis) en die Schola Cantorum-koor onder leiding van Martin Berger.  Dr. Diederick Basson sal die koor se begeleiding behartig.  Kaartjies R50 per persoon.

Kaartjies vir die feeskonsert asook die tafelgesprekke is weeksdae by die kerkkantoor tussen 08:00 tot 13:00 te koop, of Sondae (vanaf 3 September) na die oggenddienste by die inligtingstafel, of kontak ons by 021 976 4519 / navrae@stellenberg.co.za