Kleingroepe vir jongmense is goed op dreef

Die jaar van Reformasie is ’n opwindende tydperk vir die kerk en al sy bedieninge. Net so is dit  tyd vir nuwe dinge. In ons bediening vir studente en jong volwassenes het ons hierdie jaar met weeklikse kleingroepe afgeskop. Die reaksie daarop was ongelooflik goed en daar is reeds twee groepe wat weekliks bymekaar kom. Die kleingroepe se fokus is op jong getroude pare, of jongmense wat in vaste verhoudings is, maar daar is vir elke behoefte ’n plek om by in te skakel.  Ons is opgewonde oor hierdie bediening waarbinne ons ’n gemeenskap vir studente, jong werkendes, en jong getroudes wil vorm, sodat hulle mekaar geestelik kan bedien en die lewe saam kan meemaak.

Die kleingroepe word Dinsdag-en Donderdagaande aan huis van die betrokke groeplede gehou en begin gewoonlik tussen 19:00 en 19:30. Indien jy nog nie by ’n kleingroep betrokke is nie, wil ons jou nooi om dan op een van hierdie dae in te skakel. Om by die Dinsdaggroep betrokke te raak skakel gerus vir ds. Peter Kotze by 073 262 3848 of peter@stellenberg.co.za, en vir die Donderdaggroep skakel asseblief vir Elzanne by 074 144 9226 of elzanne@stellenberg.co.za

Ons bied ook elke Sondagaand vanaf 17:30 tot 18:30 ’n kleingroep, met die naam ALIVE, vir matrieks en studente aan, met die naam “ALIVE”.  Almal is welkom; jy hoef nie ’n lidmaat van die gemeente te wees nie.

Ons glo, ons streef en ons leef saam sodat elkeen Jesus sal ken en saam ’n verskil sal maak.