Paastyd en die Groot Lydensweek
Tydens die landwye inperking gaan ons paasdienste en die Groot Lydensweekprogram in ’n gewysigde formaat voort. Ons vertrou dat die eredienste en die Groot Lydensweekprogram steeds vir jou betekenisvol sal wees waar jy dalk alleen tuis is, of saam met jou gesin inskakel.
Bybelstudiehandleiding
Die spesiale Bybelstudiehandleiding: Ons Glo wat jy gedurende die lydensweke kan bestudeer kan HIER afgelaai word.
Die Groot Lydensweekprogram
Ds. René Potgieter sal daagliks vanaf Maandag 6 April tot Woensdag 8 April ’n kort boodskap met lidmate op Stellenberg-gemeente se YouTube-kanaal deel. Kliek op die groen knoppie om op Stellenberg-gemeente se YouTube-kanaal in te skakel. Boodskappe kan daagliks vanaf 08:00 op die kanaal gekyk word.
Tema: Stap saam met Jesus op die Via Dolorosa.
Maandag 6 April: Wat het Jesus Sondag, Maandag en Dinsdag alles gedoen? Kliek op die onderstaande foto om na die beelduitsending te kyk.
Dinsdag 7 April: Wat het Jesus die Woensdag en Donderdag voor Sy kruisiging gedoen? Kliek op die onderstaande foto om na die beelduitsending te kyk.
Woensdag 8 April: Wat het alles gebeur op die Vrydag toe Jesus gekruisig is? Kliek op die onderstaande foto om na die beelduitsending te kyk.
Paasdienste
Paasdienste word op Stellenberg-gemeente se YouTube-kanaal uitgesaai. Eredienste sal vanaf 08:00 op die onderstaande datums gekyk kan word. Jy kan ook na die eredienste luister, of die geskrewe preek lees deur die enige van die beskikbare opsies op die erediensteblad te selekteer. Kliek op die foto om by eredienste in te skakel.
Donderdag 9 April | Nagmaal saam met ds. Hanno Ackerman.
Goeie Vrydag 10 April | Erediens saam met ds. Marius Breytenbach.
Paassondag 12 April 08:00 | Nagmaal saam met ds. Why Duvenhage
Die skakel na die Paasdiens is op Sondag 12 April om 06:00 aktief. Dit is nie ’n direkte uitsending nie wat beteken dat jy na 06:00 enige tyd van die dag, of op enige dag van die week na die opname kan kyk.
Indien jy graag die geskrewe preek wil lees, kan jy dit hier aflaai deur op die datum te kliek.
Preek | Donderdagaand 8 April 2020
Preek | Goeie Vrydag 10 April 2020
Preek | Paassondag 12 April 2020