Lydenstydreeks: Jesus ruik na mirre en stof

LYDENSTYD BEGIN | Sondag 11 Februarie: Inleiding tot die reeks.

Woensdag 14 Februarie: Aswoensdag – erediens om 19:00 in die kerk.

 

TWEEDE LYDENSWEEK | Sondag 18 Februarie: Jesus ruik na vis – groepbyeenkoms op Dinsdag 20 Februarie.

Laai gerus die materiaal vir dié week se groepbespreking HIER af.

 

DERDE LYDENSWEEK | Sondag 25 Februarie: Jesus ruik na stof en sweet – groepbyeenkoms Dinsdag 27 Februarie gelei deur Ds. Johan Visser.

Laai gerus die materiaal vir dié week se groepbyeenkoms HIER af.

 

VIERDE LYDENSWEEK | Sondag 3 Maart: Die kerk ruik soos Jesus – groepbyeenkoms Dinsdag 5 Maart.

Laai gerus die materiaal vir die week se groepbespreking HIER af.

 

VYFDE LYDENSWEEK | Sondag 10 Maart: Jesus ruik na kos en wyn – groepbyeenkoms Dinsdag 12 Maart.

Laai gerus die materiaal vir die week se groepbespreking HIER af.

 

SESDE LYDENSWEEK | Sondag 17 Maart: Jesus ruik na hout – groepbyeenkoms Dinsdag 19 Maart.

Laai gerus die materiaal vir die week se groepbespreking HIER af.

 

GROOT LYDENSWEEK | Sondag 24 Maart: Jesus ruik na vriende en vreemdelinge.

Donderdag 28 Maart: Jesus ruik na parfuum – Donderdag-Avondmaal om 19:00 in die kerk.

Vrydag 29 Maart: Jesus ruik na bloed en die dood – Goeie Vrydag-erediens om 09:00 in die kerk.

  • PAASSONDAG | 31 Maart: Jesus ruik na nat grond – Opstandingsondag-eredienste om 06:15 en 09:00 in die kerk.

Pierre du Plessis is die skrywer van die boek “Jesus ruik na mirre en stof”, en in die komende Lydenstyd beoog ons om as gemeente saam op reis te gaan deur hierdie boek sodat ons die verskillende temas op pad na die Paasnaweek saam kan verken.

Pierre skryf die volgende: Reuke beweeg na ons toe. Soms gly dit saggies deur ’n oop venster in en maak hul teenwoordigheid elegant bekend. Ander reuke bombardeer ons, ons ruk weg, trek neuse op, druk neuse toe. Sommige reuke vat tyd om te gaan lê, deel te word van jou liggaam. Reuke ruk ons terug na wat was, herinner ons aan kinderdae, somervakansies en traantye.

God beweeg na ons. Die Bybel is eerstens ’n eenrigtingstorie. God kom na Adam en Eva in die tuin, God beweeg na die slawe in Egipte, God beweeg na Moses, Samuel, na Dawid, na Maria, na die dissipels, na Paulus en na ons. Soms kom God se stem na ons soos ’n sagte gefluister in die wind, soms in die vuurkolom. Jesus het na ons gekom omdat Hy self soos ons geruik het, soms sag, soms sterk. God het deur Jesus ook naby aan ons kom woon. Die reuke van ons wêreld het aan Hom afgesmeer en sy heilge reuk uiteindelik aan ons.

God was en is steeds mens. ’n Mens wat in ’n krip gelê het, het soos ’n herder na sweet, stof, wierook, mirre, hout, parfuum en bloed geruik. Hierdie mens het ons omhels en hierdie mens sit nou op die troon in die middel van die heelal, van waar Hy weer na ons sal terugkom.

Die hemel sal weer afkom na die aarde. Die beweging van die hele skepping is na ons toe. Dit is hoe lief God vir jou en my het – dat Hy na ons kom. Ek hoop die reuke herinner jou aan Jesus, ek hoop jy ruik soos sy liggaam, dat jy ook ’n wonderlike reuk vir die wêreld sal wees.

As Stellenbergleraars nooi ons jou hartlik uit om hierdie 40-dae-reis saam met ons mee te maak. Behalwe Sondae se prediking, nooi ons ons verskeie omgeegroepe, groeigroepe, belangegroepe en gemeentelede uit om saam met ons op Dinsdagaande vanaf 19:00 in die kerkgebou byeen te kom, waar ons dan die geleentheid skep om Sondae se temas in die onderskeie groepe verder te bespreek.

Jy word uitgenooi om gedurende die 40 dae by ’n bestaande groep in te skakel, of selfs ’n nuwe groep te vorm. Die besprekingsmateriaal sal weekliks beskikbaar gestel word sodat jy dit ook tuis, of saam met jou gesin, of op enige weekdag saam met ’n ander groep, kan behandel. Mag die reeks ons leer om ’n nuwe geloofsneus te hê en hoe om agter die regte reuke van geloof aan te leef!