Kinderpinkster

Die kinderpinksterreeks vir kinders vanaf graad 1-6 is gebaseer op die gemeente se pinksterreeks: Ritmes van die lewe.  Vir die jongspan word die tema as “mission possible” verpak om dit vir hulle meer aantreklik te maak.

God se kinders is sy agente op aarde en ons opdrag is om ander van sy groot liefde vir mense te vertel. Daarmee saam moet ons ook sy liefde teenoor ander uitleef. Met God se krag kan ons sy opdragte uitvoer en daarom is die tema “mission possible” en nie “mission impossible” nie.

Daar is belangrike riglyne wat God se agente kan help om ’n verskil in hierdie wêreld te maak. Sluit vanaf Maandag 30 Mei tot Donderdag 2 Junie om 19:00 by kinderpinkster aan om jou opleiding as agent van God te begin.  Die agente-hoofkantoor is in die kleinsaal waar daar hope pret en lekker uitdagings sal wees.