Kerssangdiens in die buitelug

Lidmate word uitgenooi om op Sondag 29 November om 09:00 by ons Buitelugkerssangdiens op die kerkterrein aan te sluit.  Daar sal baie stoele uitgepak word, maar indien julle het, bring asb. stoele saam, asook ’n piekniekmandjie met versnaperinge sodat ons na die diens saam kan eet en kuier.   ’n Groot Kersboom van Op-die-berg-gemeente se Kersboomprojek, saam met pragtige Kerssang, sal vir ’n heerlike feestelike atmosfeer sorg.

Flesse vol lekkerte

Ons wil gedurende die Kersgety graag ‘n tikkie vreugde in minder-bevoorregte gemeenskappe versprei.  Vir dié doel samel ons glas-flesse (leë mayonnaise-, koffie- en blatjangflesse, ens.) wat met   lekkers of koekies gevul is, in.  Bring die gevulde flesse saam na die Buitelugkerssangdiens op Sondag 29 November om 09:00 en plaas dit onder die groot Kersboom, of gee jou bydrae by die kerkkantoor af.  Ons vertrou dat dié gebaar glimlagte op heelwat gesiggies sal plaas.

Indien jy nie tyd het om self koekies te bak nie, bestel gerus koekies by 21 Cookies of Hope,  Mariaan Hattingh 079 880 0407.