Lidmate van NG Gemeente Op-die-berg beplan om op 4 en 5 November alle indringer Dennebome in hulle onmiddellike omgewing te verwyder. Die bome hou ongelukkig ‘n bedreiging vir inheemse plantegroei in.
Die Dennebome gaan as Kersbome verkoop word en die opbrengs sal ten bate van die Trappies Kleuterskool asook ‘n plaaslike groentetuinprojek benut word. Ondersteun gerus ons vriende in die Koue Bokkeveld saam met wie ons oor die afgelope jare heen saamwerk. Stellenberg se jongmense het ook gereeld in die verlede na die gemeenskap uitgereik.
Bestel jou Kersboom @ R200 elk voor 30 November deur op die SKAKEL TE KLIEK.
Die bome sal by Stellenberg-gemeente afgelaai word.