Kerkkantoor is gesluit

Die inrigting en gepaardgaande bouwerk aan die beoogde koffiewinkel begin Maandag 8 November.  Die kerkkantoor sal om die rede vir twee weke vanaf 8 tot 19 November gesluit wees.  Personeel werk tuis en kan per e-pos gekontak word.  Leraars kan soos altyd op hulle selfone en per e-pos bereik word.   Eredienste en kategese gaan normaal voort.  Die kerkkantoor sal op Maandag 22 November weer heropen.