Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie.

Advertensiekoste:

Opsie 1: R50 vir vier plasings.  Die advertensie moet net uit woorde (ongeveer vier reëls) en syfers bestaan.  Geen foto of logo word geplaas nie.

Opsie 2: R100 vir vier plasings.  Die advertensie bevat woorde en syfers plus een foto of logo.

Hoe plaas ek ’n advertensie:

  • Stuur die bewoording na ontvangs@stellenberg.co.za.
  • Stuur ’n foto indien van toepassing in jpeg-formaat.
  • Doen die betaling met EFT na ABSA-tjekrekening 145 058 0011,  takkode 632005. Gebruik Aanlyn Add as verwysing.
  • Stuur ’n bewys van die betaling aan ontvangs@stellenberg.co.za.

Rig enige navrae aan ontvangs@stellenberg.co.za.