Plofstof

Plofstof is Stellenberg se jeugband.  Dié groep tieners, studente en jongwerkendes deel ’n passie vir jongmense, musiek en veral die invloed wat musiek op jongmense se verhouding met God het.  Hulle streef daarna om ’n groep te wees waarbinne jongmense musikaal, maar ook dieper in hulle verhouding met God kan groei.

Plofstof bedien die Jeugdiens op Sondagaande, maar is ook by jeugkampe, uitreike en ander aanbiddingsgeleenthede betrokke.  Hulle word ook op gereelde basis deur ander groepe genooi om aanbiddingsessies te lei.   Die groep speel kontemporêre aanbiddingsmusiek van regoor die wêreld, maar van die lede skryf en toonset ook self musiek.

Indien jy ’n instrument kan speel en by dié bediening betrokke wil raak, kontak die jeugkantoor.

 

Kliek op die skakel om na ’n aanbiddingslied te luister wat deur Marius du Randt een van die leiers geskryf is.