Alle lidmate, veral diegene wat nuut by die gemeente aangesluit het, word uitgenooi na die gemeentebraai op Vrydagaand 4 Februarie. Dit is ’n heerlike informele geleentheid waar ’n mens ander lidmate kan leer ken. Bring jou eie vleis, drinkgoed, slaai, eetgerei en glase. Kole word voorsien en sal vanaf 19:00 gereed wees.