Stellenberg-gemeente het in 1971 van Durbanville-gemeente afgestig en vier vanjaar die gemeente se 50ste bestaansjaar.
Buitelug-feesdiens
Ons nooi alle lidmate om die buitelug-feesdiens ter viering van die gemeente se vyftigste bestaansjaar op Sondag 31 Oktober om 08:30 by te woon. Daar sal nie ’n familie– of meditatiewe diens op dié Sondag wees nie. Geen besprekings is nodig nie en daar sal genoeg stoele uitgepak word.
Lidmate wat sedert 1971-1972 lidmate van die gemeente is en steeds hier woon, word in besonder na die erediens uitgenooi.
Na afloop van die erediens sal ons saam tee en ’n soetigheid geniet.
Kinders word uitgenooi om aan die plasing van ’n tydkapsule in die kerkmuur deel te neem.
Feesuitgawe van die Stellenberger
KLIEK HIER om die feesuitgawe te lees.