Gedagte vir die dag | Woensdag 26 Mei 2021

Handelinge 2:1-8.  “1Toe die dag van die pinksterfees aanbreek, was hulle almal op een plek bymekaar. 2Skielik was daar ‘n geluid uit die hemel soos van ‘n geweldige stormwind, en dit het die hele vertrek gevul waar hulle gesit het. 3Hulle het iets soos vuur gesien wat in tonge verdeel en op elkeen van hulle gekom het. 4Almal is met die Heilige Gees vervul en hulle het in ander tale begin praat soos die Heilige Gees dit aan hulle gegee het om onder sy leiding te doen. 5Daar het godsdienstige Jode uit al die nasies onder die son in Jerusalem gewoon. 6Toe die mense die geluid hoor, het ‘n groot skare saamgedrom. En omdat elkeen gehoor het hoe daar in sy eie taal gepraat word, het hulle nie geweet hoe hulle dit het nie. 7Verras en verbaas sê hulle toe: “Die mense wat daar praat, is tog almal Galileërs. 8Hoe hoor elkeen van ons dan sy eie moedertaal? 

Pinkster is ’n storie vir ons tyd. Ons leef in ’n tydperk waar woorde ’n toksiese atmosfeer begin skep het. Waar taal en die manier hoe ons met mekaar praat mense en groepe verdeel.  Woorde kan ons verwond.  Ons herken dit in die omgewing waar ons leef en ons beleef dit in ons eie kerk.  Dit is juis hoekom ons die Pinkstertyd so nodig het. Die belangrikste opdrag wat die apostels op daardie dag moet uitvoer, was om bymekaar te bly, saam te bid en geduldig te wag dat die Gees iets nuut in en deur hulle doen. Hulle moes hulleself oopstel om deur die Gees van God verander te word. Ons word ook uitgenooi om as gelowiges bymekaar te kom, en onsself oop te stel vir die nuwe goed wat die Gees ook in ons lewe wil doen. Ons het ’n nuwe taal nodig om brûe na mekaar te bou en  nuwe woorde om liefde te vertaal. Die eerste tree wat die kerk moes gee, was om te midde van oorweldigende verskille tussen partye aan te hou om met mekaar te praat en na mekaar te luister. Want as ons mekaar se lewenstaal kan leer praat, word vreemdelinge broers en susters.

Pinkstergebed

God of descending fire, God of Pentecostal streets

Transform us into your people

May we listen to those who speak in the global language of protest- shouts that are mistaken as foreign.

Their tongue/our tongues tell of pain and fear in words we all know by heart

Send us out from our hiding to speak of love, to demonstrate the power of justice.

And may we see the new community you make in the admission and forgiveness of sin

Amen