Die antieke mense het geglo dat die natuur soms boodskappers is oor waar ons op die oomblik in ons lewe is. Die verandering in die seisoen herrinner vir ons aan die veranderinge wat ook in ons eie lewe plaasvind. Ons raak bewus van dit waarvan ons dalk meer moet doen, en waarvan ons minder moet doen. Ons raak bewus van nuwe geleenthede, nuwe verhoudings en die ongebekende oorgange wat in die tyd oor ons pad kom. Waarheen is dit waarna God ons roep en wat is die onverkende paaie wat ek nog moet loop. Dis die tipe vrae wat baie van ons in die tyd vir onsself afvra. En soos ons dae korter en kouer word, mag ons in die tyd leer om dalk ‘n bietjie langer te reflekteer, langer te luister en miskien nuwe vrae te vra, want verandering en om oor te begin is geskenke van God. Net soos die lewe na die dood.
Gebed deur Richard Foster
Gees van die lewende God, wees die tuinier wat my siel laat blom.
Hoe lank wag ek nou al op U hier in die koue winter van my gees.
Maar vandag waag ek om U te smeek, in die kragtige naam van Jesus Christus:
Hark weg die dooie blare van die verlede, Heer.
Verdruis die harde kluite van my weerbarstige gewoontes en groewe.
Bemes my met die ryk kompos van nuwe visie en vreugde.
Plant diep in my siel u lewegewende Woord.
Versorg, gee water, koester my hart totdat die nuwe lewe in my ontkiem groei en blom.
Amen