Matteus 6:33 “Nee, maak die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is, julle prioriteit; dan sal God vir julle al hierdie ander dinge byvoeg.”
Die Here is Koning! Mag ons die jaar na Sy wil soek en heerskappy aan Hom oorgee. Jesus vertel vir die mense wat na Hom luister dat hulle na God moet luister en Hom gehoorsaam. Plaas dus vir God eerste in jou lewe. Maak tyd in jou daaglikse ritmes om na die stem van die Here te luister. Dit gebeur soms op die mees onverwagste plekke. In die stilte. Fluisterend. Mag die Here jou kom verras. Mag Hy homself aan jou openbaar. Mag jy Hom hoor en sien.
Gebed: Here, ek weet dat U soveel meer vir my omgee as wat ek regtig kan verstaan. Help my asseblief om U eerste te plaas in die lewe. Amen.