Gedagte vir die dag | Woensdag 23 Junie 2021

Fillipense 4:13. “Vir al hierdie dinge, sien ek kans omdat Christus my krag daarvoor gee.”

’n Storie word vertel dat ’n onderwyser van Albert Einstein blykbaar in Munich blykbaar op tien jarige ouderdom vir hom gesê het: “Albert, jy sal nooit in jou lewe iets word nie.”  Niemand weet vandag wie die onderwyser was nie, maar almal ken vir Albert Einstein by die naam. ’n Musiek kritikus het blykbaar in 1873 in Boston hom soos volg oor een van Beethoven se werke uitgelaat: “As Beethoven se sewende simfonie nie op een of ander manier verkort word nie, sal dit gou in onruip raak.”  Dit terwyl die wêreld vandag nog met oorgawe na die sewende simfonie luister, maar niemand weet wat van die kritikus geword het nie.

So praat mense deur die eue neerhalend, nie net oor mense wat bekend was en iets bereik het nie, maar ook vir ander mense. Dink aan Josef se broers wat gesê het: “Kyk daar kom die ou dromer aan, kom ons maak hom dood en gooi hom in die put, dan sal ons sien wat word van sy drome.” Genisis 37:19-20

Later toe Josef regeerder in Egipte was, en sy broers hom wou verkoop om aan die lewe te bly,  lees daaroor in hoofstuk 43:26.  Moses en Dawid het ook die pad van vernedering geloop voordat hullle later leiers van hul volke geword het. Om van Nebukadneser nie eers te praat nie – hy wat vir Daniël in die brandende vuurkuil gegooi het en deur die menslike sameweling uitgestoot is en saam met die beeste moes gras eet. Ons as gelowiges mag nie toelaat dat mislukkings en teleurstellings en die feit dat goed nie uitwerk nie, ons ontmoedig om nie op te kyk, en weer op te staan nie.

Die Oostenrykse psigiater, Sigmund Freud, het ’n groot saak daarvoor uitgemaak, dat onvervulde ideale ’n rol speel in siektes wat met vrees en frustrasie gepaard gaan. Gelukkig laat ’n ander Oostenryker, Victor Frankl weer die klem val op die noodsaaklikheid van die positiewe doelstellings om betekenis aan die lewe te gee. Dié positiewe boodskap word telkens aan ons in die Bybel deur gegee, maar onder andere in Markus 9:23: “Vir elkeen wat glo, kan alles,” het Jesus gesê.  Paulus sluit hierby aan en sê: “Ek is tot alles in staat, deur Christus wat vir my krag gee.”

Athur Godfrey het gesê: “Al is jy op die regte spoor, sal jy omgery word as jy daar bly sit”.  Daarom kan ons die toekoms met moed ingaan.

 

Gebed

Here, dankie vir die genade om die glas half vol te sien, in plaas van half leeg. Help ons asseblief wanneer die glad vir ons half leeg lyk.

Amen