Gedagte vir die dag | Woensdag 14 Junie 2023

Vandag is Woensdag 14 Junie en ons dink die week ’n bietjie na oor die kerklike seisoen van Koninkrykstyd waarbinne ons onsself bevind. Met die wegspring van hierdie tydperk besin ons oor die Triniteit en ons deelname saam met God.  Daaom lees ons elke oggend die aanhaling van Richard Rohr vanuit sy boek “The Devine Dance” te luister:

“The Holy Trinity is what flows under, around, and through all things – Father, Son, and Holy Spirit divinely dancing. The Holy Trinity is what we enter into as God’s beloved creation; our participation in the flow and divine dance enables us to be generous, serve others, and experience connection, harmony, and love.”

Die vraag vir ons vanuit hierdie aanhaling die week is:

  • Hoe raak ons deel van hierdie vloei saam met die Triniteit?
  • Hoe neem ons deel?

Om ons daarmee te help luister ons saam na ’n gedig van Neels Jackson genoem vissers van mense:

Vissers van mense

van visse en bote en nette het hulle alles geweet

die water het hulle geken

maar toe kom die vreemdeling

en Hy roep hulle

en Hy belowe

Hy sal hulle vissers van mense maak

hulle het dit nie mooi verstaan nie

maar opgestaan en saamgegaan

hoeveel kere daarna het hulle nie gesien

hoe Hy die werpnet van besorgdheid uitgooi nie

na verlamdes en blindes en melaatses

na skares wat honger na hom kom luister het

in die stilmaak van die storm

die onhelsing van kindertjies

in die sagte uitnodiging aan almal wat oormoeg is

om tot rus te kom

by Hom

later in die bloedige gee van Homself

en toe hulle die trekkrag voel

van liefde wat gee

wat heelmaak

het hulle verstaan wat Hy aan die begin gesê het

oor vissers van mense