Gedagte vir die dag | Woensdag 14 Desember 2022

Ek wil graag vir ons ‘n gebed van Joyce Rupp voorlees. Mag hierdie woorde vir jou help om te sien dat God se Lig oral in ons lewens inskyn die heiligheid van die dae te vier:

Bron van Lig, Immanual, God-met-ons,

U Herder liefde het ons wagtende wêreld kom verlig

met die verrassing van U Betlehemgeboorte.

Van toe af vier ons elke jaar hierdie

verbysterende gebeurtenis,

verbly ons in U nuwe koms, nie net as ’n pasgebore baba nie,

maar as die verborge Teenwoordigheid van goddelikheid

Binne- in elkeen van ons.

Tot ons groot verwondering, het ons U

Woonplek geword.

Ons is nou U Betlehem.

Nou is jy Skat gebore in die geheime plek van ons siel.

Nou is jy Blydskap wat deurbreek in die donker grotte van ons seer.

Nou is jy Vrede wta stil-stil gloei in die krake van ons angs.

Nou is jy Liefde wat weerspieël word in ons meegevoel.

Christus, Lig van alle ligte, Ster van alle sterre,

Bewoner binne-in hierdie menshuise van ons,

maak ons wegloopkoppe, ons drosterdoppe en ons huiwerharte oop

dat U eindelose goedheid meer volmaak in ons kan woon.

Ons verwelkom jou weer en weer, met dank en vertroue,

Nie net in die Kersseisoen van onthou en feesviering nie

Maar deur die nuwe jaar wat ons inwag.