Johannes 20: 24-29. Tomas, wat ook Didimus genoem is, een van die twaalf, was nie by die dissipels toe Jesus gekom het nie. 25 Die ander dissipels sê toe vir hom: “Ons het die Here gesien!” Maar hy sê vir hulle: “As ek nie die merke van die spykers in sy hande sien en my vinger in die merke van die spykers steek en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie.” 26 Ag dae later was Jesus se dissipels weer bymekaar, en Tomas was by hulle. Hoewel die deure gesluit was, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en gesê: “Vrede vir julle!” 27 Daarna sê Hy vir Tomas: “Bring jou vinger hier en kyk na my hande; en bring jou hand en steek hom in my sy; en moenie langer ongelowig wees nie, maar wees gelowig.” 28 En Tomas sê vir Hom: “My Here en my God!” 29 Toe sê Jesus vir hom: “Glo jy nou omdat jy My sien? Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo.”
As die Evangelieskrywer Johannes, oor die opstanding van Jesus skryf, is die eerste storie wat hy kies om daarna te vertel, ’n storie oor wonde en twyfel. Thomas se storie herinner ons dat opstanding is moeilik en dat ons nie altyd weet hoe om dit te ontvang nie. Hy herinner ons dat geloof nie altyd so eenvoudig hoef te wees nie. Dat dit okay is om te twyfel. Dis okay om onseker te wees en dis okay om ook jou tyd te neem. Want Johannes kies ’n storie oor twyfel en wonde om ons te help glo. So indien dit vir jou moeilik is om die vreugde van Paasfees te ontvang, rus in die wete dat Thomas ook sy tyd geneem het. Vind troos in die wete dat Jesus vir hom die ruimte geskep het waarbinne hy dit kon doen. Hou vas aan die gedagte dat deur wonde, Jesus se wonde, Thomas, op sy tyd, ook sy weg gevind het na heelheid.
Gebed
Dankie Here dat die opstanding ook ’n storie is oor wonde en twyfel, sodat ons kan glo. Mag ons dit as ’n geskenk ontvang.
Amen