Gedagte vir die dag | Woensdag 12 Oktober 2022

 

Singend saam Psalm 103

1 “Ek wil die Here loof, met alles wat in my is, wil ek sy heilige Naam loof. 2 Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie. 20 Loof die Here, magtige engele wat sy opdragte uitvoer, sy bevele gehoorsaam. 21 Loof die Here, alle hemelwesens wat Hom dien en sy wil doen! 22 Almal wat deur Hom geskep is, loof die Here op al die plekke waar Hy heers! Ek wil die Here loof!”

Psalm 103 help ‘n mens om te verstaan hoekom mense, wanneer hulle bid, ‘n sekere liggaamshouding inneem. Om jou knieë te buig, jou nek te buig, jou kop te laat sak, jou oë te maak en jou handpalms teen mekaar te sit hoef nie ‘n leë gebaar te wees nie. 

Dit is nie ‘n valse vooraf beslote liggaamsgebaar nie, maar dit is ‘n liggaamsgebaar wat diep van binne-af gebore word. Dit is jou “hart” wat jou knieë laat buig, dit is jou “hart” wat jou nek laat buig en jou kop laat sak, dit is jou “hart” wat jou oë laat toegaan en dit is jou “hart” wat jou handpalms teen mekaar laat rus. 

En dan buig my knieë, my nek buig, my kop sak, my oë gaan toe, my handpalms rus teen mekaar en so sit ek vir lang minute aaneen …. In stilte, in verwondering, sprakeloos, stil … uiteindelik is ek in gebed!

Amen