Psalm 91:1515Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor; in sy nood sal Ek by hom wees, Ek sal hom red en hom in sy eer herstel.
Die 16de-eeuse digter John Donne het ’n baie moeilike lewe gehad, tot so ’n mate, dat hy sy hele lewe met die chroniese pyn geworstel het. Aan die einde van sy lewe toe hy ernstig siek was het hy ’n klein boekie geskryf met die titel Devotions Upon Emergent Occasions. Hierdie boeke is vir meer as vier eeue al in druk. Hierin kom hy tot die gevolgtrekking dat die lewe altyd omstandighede insluit wat vrees wek. As dit nie siekte is nie, is dit finansiële swaarkry en as dit nie armoede is nie dan is dit verwerping of eensaamheid of mislukking. Donne het ontdek dat ons in die wêreld wat met pyn en lyding gevul is, ’n keuse het om God te vrees, of van God af weg te draai en hy het besluit om met al sy pyn na God te draai.
Aanhoudende bekommernis het ’n uiters nadelige invloed op ’n mens se emosies en senuweestelsel. Wanneer jy jou gedurig oor dinge kwel, kan dit jou later ín diep donker put laat beland.
Die geheim vir al jou probleme lê in die liefde en sorg van die almagtige God. Ongeag hoe hopeloos jou situasie vir jou mag voorkom, sal jy sterkte put uit die krag van God. Wanneer jy dit aan God oorgee sal jy agterkom dat die las om te dra effens ligter voel.
Vertrou te alle tye op die lewende Verlosser en weet dat hoe ernstig die situasie ook al mag wees, Hy daar sal wees om jou deur dit te dra.
GEBED
Hemelse God en Vader, ek wil nou elke las voor U kom neerlê. Stap asseblief saam met my in hierdie donker tyd van my lewe. Dankie dat ek weet ek hoef nie bang te wees nie.
Amen