Vandag is Vrydag 16 Junie, Jeugdag en ons dink die week ’n bietjie na oor die kerklike seisoen van Koninkrykstyd waarbinne ons onsself bevind. Met die wegspring van hierdie tydperk besin ons oor die Triniteit en ons deelname saam met God. Daaom lees ons elke oggend die aanhaling van Richard Rohr vanuit sy boek “The Devine Dance” te luister:
“The Holy Trinity is what flows under, around, and through all things – Father, Son, and Holy Spirit divinely dancing. The Holy Trinity is what we enter into as God’s beloved creation; our participation in the flow and divine dance enables us to be generous, serve others, and experience connection, harmony, and love.”
Die vraag vir ons vanuit hierdie aanhaling die week is:
- Hoe raak ons deel van hierdie vloei saam met die Triniteit?
- Hoe neem ons deel?
Ons luister na ’n gebed’s vertaling vanuit St Patrick’s Breastplate:
Christus met my, Christus in my,
Christus agter my, Christus voor my,
Christus langs my, Christus om my te wen,
Christus om my te troos en te vernuwe,
Christus onder my, Christus bokant my,
Christus in stilte, Christus in gevaar,
Christus in die hart van almal wat my liefhet,
Christus in die mond van vriend en vreemdeling.
Amen.