Matteus 28:16-20. 16Die elf dissipels het na Galilea toe gegaan na die berg waarheen Jesus hulle beveel het om te gaan. 17Toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid, hoewel party getwyfel het. 18Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. 19Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en 20leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”
Ek lees graag die volgende gedig van Padraig O’Tuama, ’n Ierse teoloog wat oor hierdie teksgedeelte geskryf het:
Surprising Son of God
You revealed the truth to woman
Who were not believed by men.
You are in the voices of the unbelieved
And the ignored.
So bring us towards each other
Bring us towards
The truest truth
Because here, if anywhere,
We will find you.
Seëngebed
Die Here is voor jou om die weg vir jou gelyk te maak
Die Here is langs jou om jou in sy arms toe te vou
Die Here is agter jou om die aanvalle van die bose af te weer
Die Here is onder jou om jou te dra as jy mag val
Die Here is rondom jou om jou te beskerm
Die Here is bokant jou om jou te seën
Die Here is binne jou om jou met sy Gees te lei
So seën die Drie-enige God jou van nou af en vir altyd