Gedagte vir die dag | Sondag 7 Augustus 2022

 

Vandag is Sondag 7 Augustus en hierdie week is ons besig om na te dink oor gedagtes wat jou wil in jou verhouding met God laat groei. Ons kry regdeur die Bybel verskeie werklikhede hoe God ervaar kan word. Hierdie realiteite identifiseer maniere hoe God werk om mense van sy aktiwiteite deel te maak. Henry Blackaby skryf in sy boek, Experiencing God, dat ’n geloofskrisis dikwels deel is van die pad wat ons saam met God loop.

Hebreërs 11:6 “As mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat hy dié wat Hom soek, beloon”.

Wanneer God jou vra om iets te doen wat jy nie self kan doen nie,  is dit ’n geloofskrisis? Dit is in hierdie oomblikke waar God jou roep waar jy moet kies wat jy werklik oor hom glo. God sal jou nooit na iets toe roep, of iets van jou vra sonder om saam met jou en deur jou dit te doen nie. Die manier hoe jy op sy uitnodiging reageer, sal wat dit wat jy oor hom glo, openbaar. Jou lewe is die som van hoe jy antwoord en op God se roepstem reageer. Wanneer God homself aan jou openbaar, is die volgende stap wat jy neem jou besluit. Elke keer wanneer jy God se roepstem hoor of voel, het jy ’n keuse wat om te doen. En hierdie keuse kan die rigting van jou lewe beïnvloed. Elke keer wanneer jy bid, dan moet jy besef dat wanneer God jou gebed beantwoord en sy wil aan jou bekend maak, hy van jou vra om jou lewe te heroriënteer.

Is daar iets in jou lewe wat jy sukkel om aan God oor te gee en hoe is God tans besig om jou geloof in Hom te laat groei?

Gebed: Here, help my om my oë gevestig en gefokus te hou op U binne tye van onsekerheid en twyfel. Amen.