Gedagte vir die dag | Sondag 11 Julie 2021

Daar is ’n oomblik in die dag, net voor die son opkom wat antieke mense genoem het- die oomblik van heilige stilte.  Dit is  ’n oomblik vol afwagting.  Mag ons vandag intree in hierdie heilige stilte, en al die gawes wat God vandag aan ons skenk, met dankbaarheid ontvang.

Ek lees graag vir ons ’n oggend refleksie:

Here ons God

Vroeg in die oggend, toe die wêreld nog jonk was,

Het U geboorte gegee aan alles wat goed is.

 

Vroeg in die oggend,

Toe almal nog slaap en niemand dit verwag,

Word U een van ons – ’n kind wat huil in ’n krip.

 

Vroeg in die oggend,

Omring deur leiers, politiek en godsdiens,

Omring deur massas en stil, bang dissipels,

Word u misken as God, as goed, juis goed.

 

Vroeg in die oggend,

Met olie in die hand,

Ontdek die bange vroue God is getrou,

Ook aan die wat spot en haat.

 

Ons vier lewe, getrouheid, hoop.

Herskep ons tot ware mense,

Skepsels van U,

Ingeweef in u groter skepping,

Alles in almal