Gedagte vir die dag | Saterdag 31 Julie 2021

1 Petrus 4:16: “Maar wanneer iemand ly omdat hy ‘n Christen is, moet hy hom nie daaroor skaam nie. Inteendeel, as draers van daardie naam moet hy God verheerlik.” In ’n ander vertaling: “hy moet God prys, omdat hy ’n Christen genoem mag word.”

Ek wil sommer nadink oor wat dit beteken om ’n Christen te wees. Dis nou nie of jy ’n leeu, of springbok ondersteuner is soos wat jy in vandag se toets gaan beleef nie, maar dat jy jou identifiseer met christenskap.

Ek het gehoor van ’n vrou wat verskriklik bang was voor ’n operasie.  Sy het gevrees dat sy nie na die narkose haar bewusyn sou herwin nie. Toe die narkotiseur met sy teaterklere haar staan, het sy hom versoek om haar wakker te maak as sy nie gou genoeg bykom nie. Toe sy na die operasie ’n teken van lewe toon, het die narkotiseur sonder sy masker haar liggies aangeraak en gesê: “Kom nou, kom nou.” Sy het haar oë oopgemaak en gekyk na die dokter se gesig wat nou noodwendig die mooiste beeld was nie, en verskrik uitgeroep: “Nee gaan weg, ek is een van die Here se kinders!” Al was dit nou onder vreemde omstandighede, is dit tog goed as ’n mens dink, dat jy sommer direk uit narkose prontuit kan verklaar dat jy ’n kind van die Here is!

In die ou Klementynse liturgie vind ons die pragtige gebed wat lui: “Ons dank U dat ons U kan noem na die naam van Christus. En daarom gereken word as U eie”

In die nuwe testament word die term “Christen” drie keer gebruik. In Handelinge 11:26 staan daar: “dat daar gelowiges vir die eerste keer in Antogië “Christene” genoem is. Dan kry ons dit ook in Handelinge 26:28: Agripa sê vir Paulus: “Jy dink sommer dat jy my gou gou ‘n Christen kan maak?”

Paulus beklemtoon dat ’n Christen ’n ere naam is, as hy skryf in 1Petrus 4:16: “Wanneer iemand lei omdat hy ’n Christen is, moet hy hom nie daaroor skaam nie. As draer van daardie naam moet hy God verheerlik, vers 16.

Daar word gereeld verwys na die hoë persentasie mense wat gelowiges, of Christene in Suid-Afrika is. Dis ’n realiteit, maar sê ’n belydenisskrif: “Ek is ’n Christen omdat ek Christus se naam kan belei, en myself as ’n lewende dankoffer aan Hom kan toewy.  As ons dit in perspektief sien, as ons, ons Christenskap uitleef, uit dankbaarheid gee ’n Christen hom aan Christus. Polycarpus van Smyrna, wat een van die eerste Christen martelare was wat op die brandstafel gesterf het, se laaste woorde was: “Ek is ’n Christen.”

Kom ons bid dat gelowige mense in hierdie uiters uitdagende omstandighede, swart wit en bruin, in ons onrustige land, openlik sal leef en belei: “Ek behoort aan die Here, ek is ’n Christen.”

Gebed

Here, help vir ons in alle kante van die politieke spektrum, die inkomste spektrum, dat ons as u kinders, as Christene sal leef en optree.

Amen.